Matches in SemOpenAlex for { <https://semopenalex.org/work/W1484865403> ?p ?o ?g. }
Showing items 1 to 52 of
52
with 100 items per page.
- W1484865403 endingPage "47" @default.
- W1484865403 startingPage "33" @default.
- W1484865403 abstract "'n Aanvaarbare, toepaslike en toeganklike famlieregstelsel vir Suid-Afrika - voorstelle aangaande 'n gesinshof en gesinsbemiddelingDaar word dikwels opgemerk dat die adversatiewe stelsel van litigasie nie gepas is by egskeidings en ander familieregtelike kwessies nie omrede dit die emosionele spanning en konflik wat gewoonlik met hierdie tipe kwessies gepaardgaan, vererger. Om hierdie rede is van owerheidswee aanbeveel dat 'n gesinshofmet 'n maatskaplike komponent waar bemiddelingsdienste aangebied word vir Suid-Afrika ingestel moet word. Weens finansiele beperkings het Suid-Afrika vandag nog nie 'n Gesinshof nie. Die bemiddelingsdienste wat tans wel deur private bemiddelaars en verskeie gemeenskapsgebaseerde organisasies en instellings aangebied word, word egter of onderbenut of deur 'n gebrek aan fondse en menslike hulpbronne gekortwiek. Dit blyk verder dat die streng formalisme en die oorwegend Westerse waardes en beginsels van die adversatiewe familieregstelsel so vreemd vir mense uit Afrosentriese kulturele agtergronde is dat hulle hul by huweliksverbrokkeling en ander gesinsgeskille eerder tot tradisionele informele dispuutbeslegtingsprosedures op gemeenskapsvlak wend as om hulle op die formele familieregstelsel te beroep. Die gevolge van hierdie probleme is dat die familieregstelsel vandag vir die grootste deel van die bevolking irrelevant, onaanvaarbaar en ontoeganklik is. Moontlike oplossings hiervoor is die oprigting van 'n gesinshof op laerhofvlak met omvattende jurisdiksie in alle familieregtelike kwessies, maar van groter belang, die instelling van verpligte egskeidings- en gesinsbemiddeling. Aangesien die voordele van bemiddeling oorweldigend is vir gades wat besig is om te skei, vir kinders wat deur egskeiding geraak word en vir die regspleging, is dit verkieslik dat almal wat deur die uiters moeilike proses van gesinsverbrokkeling gaan die voordele van bemiddeling moet inoes. Daar word gevolglik aan die hand gedoen dat die staat deur middel van sekere nuwe en uitgebreide werksaamhede van die kantoor van die gesinsadvokaat bestaande en gerespekteerde private en gemeenskapsgebaseerde bemiddelingsdienste moet akkrediteer om die nuut ingestelde verpligte bemiddelingsdienste aan die publiek te lewer. Aangesien private bemiddeling goeie resultate in die praktyk oplewer en 'n unieke bydrae tot die beslegting van probleme by en rondom egskeiding kan maak, en aangesien 'n groot deel van die bevolking hul in ieder geval met hulle familieregtelike kwessies tot bemiddeling op gemeenskapsvlak wend, sal verpligte egskeidings- en gesinsbemiddelingsdienste wat deur private en gemeenskapsbemiddelaars aangebied word die familieregstelsel meer aanvaarbaar, toepaslik en toeganklik maak. Ten einde veral gemeenskapsgebaseerde bemiddelingsdienste se probleme met befondsing en werkkrag die hoof te bied, behoort die instelling van gemeenskapsdiens vir alle pasgekwalifiseerde regsgegradueerdes asook alle pasgekwalifiseerde gegradueerdes uit die sosiale en gedragswetenskappe ernstig oorweeg te word. Dit is egter van kardinale belang dat alle geakkrediteerde bemiddelaars behoorlik opgelei moet word en dat die kantoor van die gesinsadvokaat sekere basiese standaarde vir die bemiddelingsproses en -praktyk moet ontwikkel om bemiddelingsdienste van hoogstaande gehalte te verseker. Hierbenewens moet die kantoor van die gesinsadvokaat steeds daarvoor verantwoordelik wees om ondersoeke in te stel wanneer kinders se belange by egskeiding ofander familieregtelike kwessies ter sprake kom. By sodanige ondersoeke moet die kantoor van die gesinsadvokaat egter slegs op monitering en evaluering konsentreer, en nie op bemiddeling nie." @default.
- W1484865403 created "2016-06-24" @default.
- W1484865403 creator A5014689012 @default.
- W1484865403 date "2005-01-01" @default.
- W1484865403 modified "2023-09-24" @default.
- W1484865403 title "An acceptable, applicable and accessible family-law system for South Africa – some suggestions concerning a family court and divorce mediation" @default.
- W1484865403 hasPublicationYear "2005" @default.
- W1484865403 type Work @default.
- W1484865403 sameAs 1484865403 @default.
- W1484865403 citedByCount "8" @default.
- W1484865403 countsByYear W14848654032016 @default.
- W1484865403 countsByYear W14848654032017 @default.
- W1484865403 countsByYear W14848654032019 @default.
- W1484865403 countsByYear W14848654032020 @default.
- W1484865403 countsByYear W14848654032021 @default.
- W1484865403 crossrefType "journal-article" @default.
- W1484865403 hasAuthorship W1484865403A5014689012 @default.
- W1484865403 hasConcept C138885662 @default.
- W1484865403 hasConcept C27206212 @default.
- W1484865403 hasConceptScore W1484865403C138885662 @default.
- W1484865403 hasConceptScore W1484865403C27206212 @default.
- W1484865403 hasIssue "1" @default.
- W1484865403 hasLocation W14848654031 @default.
- W1484865403 hasOpenAccess W1484865403 @default.
- W1484865403 hasPrimaryLocation W14848654031 @default.
- W1484865403 hasRelatedWork W115553558 @default.
- W1484865403 hasRelatedWork W133677821 @default.
- W1484865403 hasRelatedWork W1487306748 @default.
- W1484865403 hasRelatedWork W15051537 @default.
- W1484865403 hasRelatedWork W1526117667 @default.
- W1484865403 hasRelatedWork W1786104565 @default.
- W1484865403 hasRelatedWork W180016067 @default.
- W1484865403 hasRelatedWork W2107230804 @default.
- W1484865403 hasRelatedWork W2114646303 @default.
- W1484865403 hasRelatedWork W2114666298 @default.
- W1484865403 hasRelatedWork W2130539005 @default.
- W1484865403 hasRelatedWork W2166158944 @default.
- W1484865403 hasRelatedWork W2264008052 @default.
- W1484865403 hasRelatedWork W2523521298 @default.
- W1484865403 hasRelatedWork W3021111784 @default.
- W1484865403 hasRelatedWork W3166806837 @default.
- W1484865403 hasRelatedWork W3171660215 @default.
- W1484865403 hasRelatedWork W3178284853 @default.
- W1484865403 hasRelatedWork W3212238996 @default.
- W1484865403 hasRelatedWork W2604730518 @default.
- W1484865403 hasVolume "2005" @default.
- W1484865403 isParatext "false" @default.
- W1484865403 isRetracted "false" @default.
- W1484865403 magId "1484865403" @default.
- W1484865403 workType "article" @default.