Matches in SemOpenAlex for { <https://semopenalex.org/work/W154629168> ?p ?o ?g. }
Showing items 1 to 49 of
49
with 100 items per page.
- W154629168 endingPage "84" @default.
- W154629168 startingPage "66" @default.
- W154629168 abstract "'n Ontleding van die regsbeskermingswaardige belange met betrekking tot taalIn die mate waarin die vraag na die regsbeskermingswaardige belange met betrekking tot taal aandag geniet, geskied dit grootliks op sterkte van die oortuiging dat belange rakende taal in individue setel en dat individuele regte derhalwe wesenlik toereikend is om alle belange rakende taal te beskerm. Ofskoon individuele regte in die taalkonteks ongetwyfeld belangrik is, is daar ten minste twee nie-individuele belange waarna individuele regte nie behoorlik kan omsien nie. Die eerste is die taalgemeenskap, in die besonder die gemeenskappe van moedertaalsprekers wie se gemeenskaplike identiteit in beduidende mate deur hul gemeenskaplike taal gedefinieer word en wat derhalwe 'n gemeenskaplike belang in hul taal het, welke belang nie individueel verdeelbaar is nie en nie na enige spesifieke individu, losstaande van ander herlei kan word nie. Die tweede belang is die taal self, wat noodwendig in stand gehou moet word ten einde sowel individuele as gemeenskapsbelange in die taal moontlik te maak. Hierdie twee nie-individuele belange kan alleenlik toereikend deur instellings en fasiliteite geakkommodeer word, wat na hulle aard anders as individuele regte is en dit te bowe gaan. Die hoofdoel en inhoud van die onderhawige bespreking is juis om hierdie nie-individuele belange rakende taal toe te lig. Daar word gevolglik aangevoer dat:taal 'n meta-reg is, dit wil se die grondslag en bestaansvoorwaarde vir bykans alle individuele regte;die openbare en veral beraadslagende en besluitnemende aanwending van die taal van ten minste alle getal-gewys beduidende taalgemeenskappe in 'n staat 'n voorwaarde vir die beoefening van demokratiese politiek is;tale 'n bron van sosiale solidariteit vir (taal)gemeenskappe is, dat tale gemeenskappe definieer en meer nog dat tale, in die besonder geskrewe (letterkundige) tale, gemeenskappe oor geslagte heen met mekaar in kontak hou, bind en stabiliseer en dat elke letterkundige taal gevolglik die aard van outonome transgenerasie-artefakte aanneem wat deels outonoom van enige spesifieke (lewende) generasie bestaan. Gevolglik bestaan 'n taalgemeenskap in wese in die literatuur wat sy lede oor geslagte heen opgelewer het; endat elke taal oor inherente waarde beskik en die aard aanneem van die kollektiewe intellektuele goedere van die betrokke gemeenskap en dat alle tale gesamentlik die aard van 'n kollektiewe stel intellektuele goedere aanneem wat die universele mensdom toekom.'n Behoorlike begrip van hierdie volledige bestel van taalverwante belange is noodsaaklik vir die skep van 'n werklik toereikende taalreg-bestel." @default.
- W154629168 created "2016-06-24" @default.
- W154629168 creator A5013727539 @default.
- W154629168 date "2014-01-01" @default.
- W154629168 modified "2023-09-28" @default.
- W154629168 title "An analysis of the legally protectable interests pertaining to language" @default.
- W154629168 hasPublicationYear "2014" @default.
- W154629168 type Work @default.
- W154629168 sameAs 154629168 @default.
- W154629168 citedByCount "0" @default.
- W154629168 crossrefType "journal-article" @default.
- W154629168 hasAuthorship W154629168A5013727539 @default.
- W154629168 hasConcept C138885662 @default.
- W154629168 hasConcept C142362112 @default.
- W154629168 hasConcept C27206212 @default.
- W154629168 hasConceptScore W154629168C138885662 @default.
- W154629168 hasConceptScore W154629168C142362112 @default.
- W154629168 hasConceptScore W154629168C27206212 @default.
- W154629168 hasIssue "1" @default.
- W154629168 hasLocation W1546291681 @default.
- W154629168 hasOpenAccess W154629168 @default.
- W154629168 hasPrimaryLocation W1546291681 @default.
- W154629168 hasRelatedWork W1484865403 @default.
- W154629168 hasRelatedWork W1487306748 @default.
- W154629168 hasRelatedWork W15051537 @default.
- W154629168 hasRelatedWork W1513219015 @default.
- W154629168 hasRelatedWork W1526117667 @default.
- W154629168 hasRelatedWork W1786104565 @default.
- W154629168 hasRelatedWork W180016067 @default.
- W154629168 hasRelatedWork W2107230804 @default.
- W154629168 hasRelatedWork W2128341102 @default.
- W154629168 hasRelatedWork W2142238612 @default.
- W154629168 hasRelatedWork W2264008052 @default.
- W154629168 hasRelatedWork W2292944546 @default.
- W154629168 hasRelatedWork W2521735939 @default.
- W154629168 hasRelatedWork W2523521298 @default.
- W154629168 hasRelatedWork W2771330445 @default.
- W154629168 hasRelatedWork W2985295987 @default.
- W154629168 hasRelatedWork W2989711403 @default.
- W154629168 hasRelatedWork W3166806837 @default.
- W154629168 hasRelatedWork W3178284853 @default.
- W154629168 hasRelatedWork W3212238996 @default.
- W154629168 hasVolume "2014" @default.
- W154629168 isParatext "false" @default.
- W154629168 isRetracted "false" @default.
- W154629168 magId "154629168" @default.
- W154629168 workType "article" @default.