Matches in SemOpenAlex for { <https://semopenalex.org/work/W2128341102> ?p ?o ?g. }
Showing items 1 to 53 of
53
with 100 items per page.
- W2128341102 endingPage "84" @default.
- W2128341102 startingPage "63" @default.
- W2128341102 abstract "Die geregtelike toepassing van die vereiste van met betrekking tot verskyningsbevoegdheid in grondwetlike sake : radikale en doelbewuste afwyking van die gemeneregHierdie artikel ondersoek die geregtelike toepassing van die vereistes vir verskyningsbevoegdheid (locus standi) in grondwetlike aangeleenthede sedert die aanvang van die grondwetlike era in Suid-Afrika. In die lig van die parlement se betreurenswaardige versuim om die aanbevelings van die Suid-Afrikaanse Regskommissie met betrekking tot klas- en openbare aksies te implementeer, moes die land se howe stapsgewys hul eie sekerheid rakende die vereistes en vertolking van verskyningsbevoegdheid skep. In die vorige Westminster-staatsmodel is verskyningsbevoegdheid beperk tot litigante wat 'n direkte, beduidende belang by die saak en by die gewenste regsverligting kon toon. Hierdie streng benadering tot verskyningsbevoegdheid was gegrond op vrese dat 'n liberaler aanslag die sluise van litigasie sou ooptrek, wat op sy beurt openbare administrasie sou bemoeilik. Die aanvaarding van die Grondwet van 1996, en artikel 38 in die besonder, het egter 'n era van groot verandering in die bepalings oor verskyningsbevoegdheid ingelui. Dit blyk duidelik uit presedentereg sedertdien. Aan die hand van 'n bespreking van die waterskeidingsaak Ferreira v Levin, die Giant Concerts-aangeleentheid, die Tulip Diamondssaak en etlike ander onlangse uitsprake, bied hierdie artikel 'n uitstippeling van die howe se stelselmatige vertolking en toepassing van artikel 38 met betrekking tot die vereistes vir verskyningsbevoegdheid in grondwetlike aangeleenthede. Dit word eerstens vinnig duidelik dat daar, in teenstelling met destyds, nou van howe verwag word om 'n ruim benadering tot verskyningsbevoegdheid in grondwetlike litigasie te volg en so te verseker dat die regte in die Handves van Regte sowel as elders in die Grondwet verwerklik word. Tweedens blyk dit dat litigante wat in eie belang optree, verkieslik ook iets as blote eie belang moet bewys; 'n groter openbare belang wat met die Grondwet strook. Sodanige groter openbare belang sluit onder meer in die behoefte aan groter regsekerheid vir behoorlike regspleging, die belang om te verseker dat openbare mag ingevolge grondwetlike en regsvoorskrifte uitgeoefen word, en die behoefte om die onafhanklikheid van die regbank te verseker en te versterk. Die derde en finale gevolgtrekking van hierdie navorsing is dat artikel 38 van die Grondwet inderdaad 'n radikale en doelbewuste afwyking van die gemenereg behels, en dat die Grondwet self 'n juiste en doeltreffende raamwerk bied vir 'n hof om grondwetlike verskyningsbevoegdheidsvereistes te bepaal. Laastens word die nie implementering van die Suid Afrikaanse Regskomissie se konsep wetsontwerp vir openbare-en klasaksies betreur omdat regsrekerheid reeds 'n geruime tyd gelede oor kwessies van locus standi verkry kon gewees het." @default.
- W2128341102 created "2016-06-24" @default.
- W2128341102 creator A5023008295 @default.
- W2128341102 date "2014-01-01" @default.
- W2128341102 modified "2023-09-26" @default.
- W2128341102 title "The judicial application of the interest requirement for standing in constitutional cases: A radical and deliberate departure from common law" @default.
- W2128341102 hasPublicationYear "2014" @default.
- W2128341102 type Work @default.
- W2128341102 sameAs 2128341102 @default.
- W2128341102 citedByCount "2" @default.
- W2128341102 countsByYear W21283411022018 @default.
- W2128341102 countsByYear W21283411022019 @default.
- W2128341102 crossrefType "journal-article" @default.
- W2128341102 hasAuthorship W2128341102A5023008295 @default.
- W2128341102 hasConcept C138885662 @default.
- W2128341102 hasConcept C142362112 @default.
- W2128341102 hasConcept C17744445 @default.
- W2128341102 hasConcept C27206212 @default.
- W2128341102 hasConceptScore W2128341102C138885662 @default.
- W2128341102 hasConceptScore W2128341102C142362112 @default.
- W2128341102 hasConceptScore W2128341102C17744445 @default.
- W2128341102 hasConceptScore W2128341102C27206212 @default.
- W2128341102 hasIssue "1" @default.
- W2128341102 hasLocation W21283411021 @default.
- W2128341102 hasOpenAccess W2128341102 @default.
- W2128341102 hasPrimaryLocation W21283411021 @default.
- W2128341102 hasRelatedWork W1485677816 @default.
- W2128341102 hasRelatedWork W1487306748 @default.
- W2128341102 hasRelatedWork W1551596960 @default.
- W2128341102 hasRelatedWork W165172244 @default.
- W2128341102 hasRelatedWork W1687981185 @default.
- W2128341102 hasRelatedWork W180016067 @default.
- W2128341102 hasRelatedWork W2107230804 @default.
- W2128341102 hasRelatedWork W2264008052 @default.
- W2128341102 hasRelatedWork W2292944546 @default.
- W2128341102 hasRelatedWork W2556045997 @default.
- W2128341102 hasRelatedWork W2597661417 @default.
- W2128341102 hasRelatedWork W2618738779 @default.
- W2128341102 hasRelatedWork W3166806837 @default.
- W2128341102 hasRelatedWork W3167596413 @default.
- W2128341102 hasRelatedWork W3171660215 @default.
- W2128341102 hasRelatedWork W3178284853 @default.
- W2128341102 hasRelatedWork W3205922189 @default.
- W2128341102 hasRelatedWork W3212238996 @default.
- W2128341102 hasRelatedWork W58193802 @default.
- W2128341102 hasRelatedWork W788054818 @default.
- W2128341102 hasVolume "47" @default.
- W2128341102 isParatext "false" @default.
- W2128341102 isRetracted "false" @default.
- W2128341102 magId "2128341102" @default.
- W2128341102 workType "article" @default.