Matches in SemOpenAlex for { <https://semopenalex.org/work/W2754705637> ?p ?o ?g. }
Showing items 1 to 45 of
45
with 100 items per page.
- W2754705637 endingPage "580" @default.
- W2754705637 startingPage "562" @default.
- W2754705637 abstract "Die straatkindverskynsel het dwarsoor die wêreld ʼn maatskaplike probleem geword en kan aan heelwat faktore toegeskryf word soos swak ekonomiese toestande, werkloosheid en gesinsprobleme wat in die gemeenskap ervaar word. Hierdie kinders verbeur dikwels die voorregte en bydraes tot ontwikkeling wat deur ʼn gesonde gesinslewe teweeg gebring word, en daar word onvoldoende in hulle basiese behoeftes voorsien. Hierdie situasie strem hul normale ontwikkeling en hulle openbaar dikwels ernstige psigososiale nagevolge, soos wantroue in mense, ʼn gebrek aan selfvertroue en swak interpersoonlike verhoudings. Die studie se teoretiese uitgangspunt is die sterkte- en bemagtigingsperspektiewe wat aanvullend in maatskaplike werk benut kan word. Min literatuur is beskikbaar oor die psigososiale behoeftes en omstandighede van straatkinders in Suid-Afrika. Die doel van die studie behels ʼn behoeftebepaling ten opsigte van die psigososiale omstandighede en behoeftes van straatkinders by die Thakaneng Kinder- en Jeugsorgsentrum (TKJS) in Potchefstroom ten einde inligting te versamel wat benut kan word in ʼn lewensvaardigheidsprogram. Die gemengde navorsingsmetode is benut deurdat kwalitatiewe sowel as kwantitatiewe navorsingstegnieke en -metodes binne die verkennende en beskrywende navorsingsontwerpe benut is. Vir die deel van die studie waaroor in hierdie artikel verslag gedoen word, is data deur middel van ʼn self-gestruktureerde vraelys ingesamel. Vanuit die verkreë data kon die behoefte vir, en moontlike temas van belang vir ʼn lewensvaardigheidsprogram, geïdentifiseer word. Van die belangrikste lewensvaardighede wat die navorser vanuit die behoeftebepaling en die literatuur kon identifiseer, is selfkennis; selfvertroue en selfhandhawing; interpersoonlike verhoudings en vertroue; algemene en emosionele hanteringmeganismes; toekomsbeplanning en besluitneming; gesondheid en ʼn gesonde leefstyl; kommunikasievaardighede; probleemoplossing en konflikhantering; tydsbestuur; finansiële bestuur en sekere ander aangeleenthede, soos die gevare verbonde aan die misbruik van middels, die voorkoming van MIV en ander oordraagbare geslagsiektes, asook kinderregte. Hierdie vaardighede word deur die kwantitatiewe sowel as kwalitatiewe data bevestig." @default.
- W2754705637 created "2017-09-25" @default.
- W2754705637 creator A5051173389 @default.
- W2754705637 creator A5083959314 @default.
- W2754705637 creator A5024399699 @default.
- W2754705637 date "2017-06-01" @default.
- W2754705637 modified "2023-10-18" @default.
- W2754705637 title "Die psigososiale omstandighede van straatkinders en hulle behoeftes in 'n lewensvaardigheidsprogram" @default.
- W2754705637 doi "https://doi.org/10.17159/2224-7912/2017/v57n2-2a5" @default.
- W2754705637 hasPublicationYear "2017" @default.
- W2754705637 type Work @default.
- W2754705637 sameAs 2754705637 @default.
- W2754705637 citedByCount "0" @default.
- W2754705637 crossrefType "journal-article" @default.
- W2754705637 hasAuthorship W2754705637A5024399699 @default.
- W2754705637 hasAuthorship W2754705637A5051173389 @default.
- W2754705637 hasAuthorship W2754705637A5083959314 @default.
- W2754705637 hasBestOaLocation W27547056371 @default.
- W2754705637 hasConcept C138885662 @default.
- W2754705637 hasConcept C142362112 @default.
- W2754705637 hasConcept C27206212 @default.
- W2754705637 hasConceptScore W2754705637C138885662 @default.
- W2754705637 hasConceptScore W2754705637C142362112 @default.
- W2754705637 hasConceptScore W2754705637C27206212 @default.
- W2754705637 hasIssue "2-2" @default.
- W2754705637 hasLocation W27547056371 @default.
- W2754705637 hasOpenAccess W2754705637 @default.
- W2754705637 hasPrimaryLocation W27547056371 @default.
- W2754705637 hasRelatedWork W1986991951 @default.
- W2754705637 hasRelatedWork W2039882357 @default.
- W2754705637 hasRelatedWork W2075962150 @default.
- W2754705637 hasRelatedWork W2488589637 @default.
- W2754705637 hasRelatedWork W2946125126 @default.
- W2754705637 hasRelatedWork W2983707755 @default.
- W2754705637 hasRelatedWork W3169929204 @default.
- W2754705637 hasRelatedWork W4200226890 @default.
- W2754705637 hasRelatedWork W4249968209 @default.
- W2754705637 hasRelatedWork W4253103254 @default.
- W2754705637 hasVolume "57" @default.
- W2754705637 isParatext "false" @default.
- W2754705637 isRetracted "false" @default.
- W2754705637 magId "2754705637" @default.
- W2754705637 workType "article" @default.